Samestelling van die 2024 Kalender

by | Jul 15, 2024 | Nuus | 0 comments

DitsemBlits is tans besig met die samestelling van die 2024 uitgawe van die Geloftefeeskalender en vir doeleindes daarvan word inligting van feeste en -dienste in die volgende basiese formaat versoek.: 

  • Bevestiging van die naam van die Geloftefees of –diens.
  • Die plek of terrein waar die fees/diens gehou word.
  • Bevestiging van die dorp of stad waaronder die Geloftefeesterrein val.
  • Die volgende basiese besonderhede: Presiese datum(s ) / Programdetail met tye – maksimum 60 woorde / Naam van feesspreker / Naam van leraar wat Geloftediens lei
  • Bevestiging van naam van kontakpersoon met selnommer en eposadres  

Inligting kan gestuur word aan 082 773 2150 of gelofte@ditsem.net. Die finale keerdatum vir inligting is 7 September 2024, want daarna moet die inligting verwerk en geformateer word ten einde die Kalender en Wêreldkaart begin November beskikbaar te stel.

Share This