Leraars en Sprekers
Die pad wat al geloop is met die samestelling van die Geloftefeeskalender het dit duidelik na vore gebring dat organiseerders van Geloftefeeste en -dienste ‘n tekort ondervind aan, enersyds, leraars wat met ‘n Geloftediens ‘n suiwer Skriftuurlike boodskap bring, gepas vir die spesifieke geleentheid en, andersyds, sprekers wat die egte wese van die Afrikaner-Boerevolk verstaan en wat dit Skriftuurlik-gebaseer kan oordra, sonder om dit te verpolitiseer. In hierdie verband kan daar uiteraard wye meningsverskil bestaan, maar eensgesindheid oor die tersaaklikse beginsels is noodsaaklik.
Leraars
Die idee hier is om ‘n lys van leraars beskikbaar en geskik vir optrede by Geloftefeeste en dienste te plaas en wel sonder om te veroordeel of hare te kloof. Daarom kan name van leraars wat hulself bereid verklaar, voorsien word en sal dit hier in die volgende formaat geplaas word:
- Dr. Hendrik Botes — leraar Nederduitsch Hervormde Kerk, Pretoria: 082 701 9441 / hendrikjbotes51@gmail.com.
- Ds Gerrie Kruger — leraar AP Kerk Kareedouw (bereid om te reis): 084 252 1114 / gerrie.kruger@apk.co.za.
Sprekers
Wat sprekers betref, is die idee weereens om ‘n lys van sprekers beskikbaar en geskik vir optrede by Geloftefeeste en dienste te plaas en wel sonder om te veroordeel of hare te kloof. Daarom kan name van sprekers wat hulself bereid verklaar, voorsien word en sal dit hier in die volgende formaat geplaas word:
- Sam de Klerk – oud-skoolhoof KZN, kultuurleier, volksgenoot en sakeman – woonagtig te Orania, bereid om te reis vir ‘n Geloftefees – 082 785 4845 / rotsvasdeklerk@gmail.com
- Theunis van der Westhuizen — voormalige distriksuperintendent van Afrika Evangeliese Bond in die Oos-Kaap, tans woonagtig in Paarl: 082 781 1688 / tito57vdw@gmail.com
- Dr. Hendrik Botes — leraar Nederduitsch Hervormde Kerk, Pretoria: 082 701 9441 / hendrikjbotes51@gmail.com.
Name met hierdie besonderhede kan gestuur word aan 082 773 2150 of gelofte@ditsem.net.