AAN: ALLE ORGANISEERDERS VAN GELOFTEFEESTE EN -DIENSTE

by | Apr 22, 2026 | Uncategorized | 0 comments

Goeiedag almal

Opname van Geloftefeeste wat sukkel met geskikte spreker

Die behoefte is teenoor ons uitgespreek dat ‘n opname gedoen moet word van organiseerders van Geloftefeeste wat sukkel om ‘n geskikte spreker gereël te kry. Dit blyk dat ‘n groot behoefte bestaan aan sprekers wat die boodskap van die Gelofte van Bloedrivier suiwer, inspirerend en toepaslik vir vandag kan oordra.

Gevolglik word versoek dat die organiseerders wat ‘n probleem het om ‘n geskikte spreker vir jou Geloftefees vanjaar op 16 Desember te vind, om vir my per epos by gelofte@ditsem.net te laat weet nie later nie as 31 Mei 2026. Ons sal dan probeer help met aanbevelings.

Die FAK is besig met die opstel van ‘n lys van geskikte en beskikbare Geloftefeessprekers en van die kant van DitsemBlits is ons ook in proses met so ‘n lys.

Wees verseker dat ons alle inligting in hierdie verband vertroulik  en met omsigtigheid sal hanteer.

Vir agtergrondsdoeleindes is die 2025 Geloftefeeskalender by hierdie skakel.

Geloftegroete

Johann Dannhauser
REDAKTEUR: DITSEM NUUS

082 773 2150

gelofte@ditsem.net | www.geloftefeeskalender.co.za

Oranje Eggo S39 • Orania

Share This