Programmateriaal vir Geloftefeeste en -dienste

by | Jul 15, 2024 | Nuus | 0 comments

Met diƩ dat organiseerders van Geloftefeeste soms sukkel om geskikte feessprekers en selfs leraars te kry, word daarop gewys dat uitstekende videos beskikbaar is omtrent die Slag van Bloedrivier en die betekenis van die Gelofte. Meer besonderhede hieroor is by die toepaslike afdeling van hierdie webwerf.

Een of meer van hierdie videos kan dan op grootskerm by ‘n Geloftefees of diens gespeel word, selfs deur die video op geheuestokkie te stoor en die stokkie dan in te prop by die USB-poort van die skerm en dit dan te beheer vanaf die afstandsbeheer. Hierdie praktyk kan selfs ‘n feesrede of geskiedkundige vertelling vervang.

Wat ook beskikbaar is of self van YouTube afgelaai kan word, is gepaste liede met woorde en klank/musiek en dan kan dit vir samesang vertoon word op dieselfde wyse as hierbo.

Share This