Rakende die herdenking van die Gelofte van Bloedrivier, het die FAK in Pretoria die volgende uitnodiging uitgestuur:
Hiermee nooi ons met graagte al die verteenwoordigers van die verskeie Geloftefeeste uit na die FAK se Gelofteberaad van 2024.
Die beraad het ten doel om die voortbestaan van Geloftefeeskomitees landswyd te bevorder asook om kommunikasie tussen die verskeie komitees te vergemaklik sodat inligting insake programme, sprekers, leraars, bemarking ensovoorts maklik uitgeruil kan word en sodanig ‘n groter nasionale en internasionale samewerking te bewerkstellig vir Geloftedag.
๐๐ฎ๐๐๐บ: Saterdag 7 September 2024
๐ง๐๐ฑ: 10:00 tot 12:00
๐ฃ๐น๐ฒ๐ธ: Senotaafsaal van die Voortrekkermonument, Pretoria
๐ฆ๐ฝ๐ฟ๐ฒ๐ธ๐ฒ๐ฟ๐: Dr. Danie Langner (Besturende Direkteur: FAK)
Ds. Stephan Botha (Direksielid: Voortrekkermonument)
Dr. Johann Dannhauser (Redakteur: Ditsem Nuus)
Weens die feit dat Geloftefees-verteenwoordigers landwyd en wรชreldwyd is, het ons goedgedink om die Gelofteberaad ook digitaal uit te saai in samewerking met Boermedia om almal die geleentheid te bied om deel te wees van hierdie geleentheid.
Sal jy so gaaf wees om aan te dui of jy hierdie besonderse geleentheid in persoon en of jy dit digitaal sal kan bywoon. Bevestig asb. jou bywoning by leoniemarais@kultuurtuiste.org.za .
