Elektroniese byeenkomste vir diaspora in die buiteland

by | Aug 1, 2024 | Nuus | 0 comments

Waar die ervaring geleer het dat onder talle Afrikaners woonagtig in die buiteland die harte nog warm klop vir die Afrikanervolk en vir Suid-Afrika, is daar ook ‘n sug om die Gelofte op 16 Desember te herdenk, daar waar hulle hul bevind. So het verskeie Gelofteherdenkings in die buiteland al ontstaan, soos uit die 2023 Kalender blyk.

Aangesien dit dikwels om praktiese redes moeilik is om in ‘n vreemde land fisies bymekaar te kom, het die gedagte by Afrikaners in die VSA opgekom om d.m.v. Zoom of soortgelyke kommunikasie op 16 Desember bymekaar te kom. Die konsep is dat ‘n koördinerende persoon stel, aan die hand van insette van belanghebbendes, ‘n program saam en aldus word ‘n elektroniese Geloftefees of -diens gehou.

Hierdie konsep gaan DV vanjaar deur ‘n aantal Afrikaners in die VSA geïmplementeer word onder die banier “Geloftefees VSA”. Vir meer besonderhede hieroor kontak Altea Muller by 404-509-6955 (USA) of alteamuller@gmail.com of Ferdi Fourie by ferdif7@outlook.com.

Share This