2026 Geloftefeeskalender Inligtingversameling

by | Oct 7, 2026 | Uncategorized | 0 comments

Tans is DitsemBlits besig met inligtingsversameling vir die jaarlikse Geloftefeeskalender en is die aanduidings dat die geesdrif onder Afrikaners as volk vir die herdenking van die Gelofte van Bloedrivier groter is as ooit. Daar is ook tekens dat onder Afrikaner-diaspora in die buiteland groeiende erkenning van die Gelofte voorkom. Teen hierdie agtergrond word versoek dat lesers wat familie, vriende en kennisse woonagtig in die buiteland het en wat op een of ander wyse op 16 Desember vanjaar die Gelofte herdenk, basiese besonderhede daaromtrent aan die Geloftefeeskalender stuur by 082 773 2150 of gelofte@ditsem.net – verkieslik nie later nie as 25 Oktober.

Share This