Die Geloftefeeskalender vir vanjaar is by die skakel op hierdie webwerf. Soos gesien kan word, is daar die rekordgetal van 265 Geloftefeeste en -dienste met hul basiese besonderhede gelys.
Vir maklike leesbaarheid is die inligting in die Kalender grootliks gestandardiseer, terwyl alle dorpe en stede in Suid-Afrika waar Geloftefeeste en -dienste gehou word, in die Kalender in een lys alfabeties gerangskik is. Geloftefeeste en -dienste in die buiteland is daarby in ‘n eie afdeling bygevoeg.
Hierdie Geloftefeeskalender is een groot spanpoging van die organiseerders, die borge en die samestellers. Die onmisbare bydrae van elkeen maak die realisering van hierdie produk moontlik.
‘n Besondere woord van dank aan die organiseerders van elke Geloftefees en Geloftediens. Die Geloftefeeskalender is een maand voor 16 Desember 2026 digitaal gepubliseer, sodat mense voldoende tyd het om te reageer en te besluit waar hulle die Gelofte wil herdenk.
Voorts die volgende diverse opmerkings:
- ‘n Besondere woord van dank en waardering aan al die organiseersers van Geloftefeeste en -dienste. Te midde van uitdagende tye skuif hulle hul daaglikse take en belange opsy en maak tyd dat hulle en hul naastes en volksgenote die unieke afspraak met God i.t.v. die Gelofte van Bloedrivier kan nakom.
- Uit die Kalender blyk dit dat daar in Suid-Afrika haas nie ‘n dorp of stad is waar op 16 Desember of rondom die datum nie ‘n Geloftefees of -diens gehou word nie. In of by sommige dorpe en stede is daar tot selfs vyf of meer feeste en dienste.
- Dit is opvallend dat by jonger manne en vroue na vore tree om leiding te gee met die reëling van Geloftefeeste. Dit is bemoedigend dat die jeug eienaarskap neem.
- Die elektroniese media word al meer ingespan om die boodskap van die Gelofte van Bloedrivier wyd uit te dra. Die elektroniese media in soveel vorme bied inderdaad enorme geleentheid om nie net bewusmaking van die Gelofte te skep nie, maar ook vir deelname aan herdenkings oor afstand waar fisiese teenwoordigheid nie moontlik is nie.
- Waar deesdae geskikte leraars en sprekers vir Geloftefeeste as beperkte keuse ervaar word, is daar veral op YouTube goeie videos oor die Gelofte en oor die Slag van Bloedrivier beskikbaar, wat met groot vrug by ‘n Geloftefees op groot skerm vertoon kan word, dalk i.p.v. ‘n spreker. ‘n Voorbeeld van ‘n video oor die Gelofte van Bloedrivier is by hierdie skakel.
- Een van die uitdagendste aspekte omtrent herdenking van die Gelofte van Bloedrivier is groter deelname deur die sowat 2 miljoen Afrikaner-diaspora op feitlik elke plek in die buiteland. In die 2026 Geloftefeeskalender is georganiseerde Gelofteherdenkings in Australië, Kanada, Namibië, Nieu-Zeeland en die VSA opgeneem, maar daar word gehoop dat hierdie lys in die toekoms nog aansienlik aangevul sal kan word en word vasgehou aan beloftes in die Woord soos in Jes. 43: 5-7.
- Terwyl alles in die vermoë gedoen is om te verseker alle inligting in hierdie Geloftefeeskalender is waar en korrek, word versoek dat waar gesien word Geloftefeeste of -dienste is nie gelys nie, of dat inligting dalk foutief is of ontbreek, verwittig asb. onmiddellik by gelofte@ditsem.net of 082 773 2150.
Ná alles, staan een ding soos ‘n paal bo water: Geen ander volk op aarde het so ‘n unieke ooreenkoms met God-Drieënig as die Afrikaner/Boerevolk deur die Gelofte van Bloedrivier nie. Nie net plaas dit ons onder ‘n heilige verpligting nie, ons voortbestaan hang daarvan af.Laat ons daarom aan hierdie Gelofte vashou en dit nakom. Dan kan geen aanslag teen ons te groot wees nie.
Geseënde Geloftedag 2026!
