Verskeie Geloftefeeste vind hierdie week plaas ter viering van die Van Riebeeckgelofte van 6 April 1654. Feeste vind o.a. plaas by die CVO-skool Lichtenburg, die Afrikaanse Protestantse Kerk Bainsvlei in Bloemfontein, sowel as by die Paardekraal Monument in Krugersdorp. In Orania word Stigtingsdag ook amptelik as ‘n feesdag herdenk. Omdat die eerste Orania-gesinne hul in April 1991 in die dorp gevestig het, word Orania se eie stigting ook hier saam met die gelofte van Jan Van Riebeeck gevier.



