Kennisgewing: Alle Geloftefeeste- en dienste

by | Feb 4, 2025 | Nuus | 0 comments

AAN: ALLE ORGANISEERDERS VAN GELOFTEFEESTE EN -DIENSTE

Goeiedag almal,

Geloftefeeste en -dienste 2024 en 2025

Eerstens, dank en waardering aan almal wat gehelp het om verlede jaar vir Geloftedag ‘n Geloftefees of -diens te gereël het. Volgens die terugvoer wat ontvang is, wil dit voorkom asof in 2024 meer Geloftefeeste en -dienste as ooit gehou is met meer mense as voorheen wat dit bygewoon het. Presiese syfers is nie beskikbaar nie, maar dit is ook nie belangrik nie, want ons jaag nie syfers nie. Wat wel belangrik is, is dat daar groter betrokkenheid en toegewydheid van ons volksgenote is by herdenking en nakoming van die Gelofte van Bloedrivier. Daarvoor net Soli Deo Gloria.

Soos julle weet, het met die Gelofte van Bloedrivier God met ons volksvoorvaders ‘n verbond gesluit, met uitdruklik dat dit ook van toepassing is op die nageslag. Derhalwe is die Gelofte heilig vir ons as volk – as ons dit eer en nakom, glo ons God sal vir ons volk wonderbaarlik onderneem, ongeag hoe groot die gevaar tans teen ons is en ongeag hoe swaar die skaal huidig teen ons voortbestaan gelaai is.

Uit die oogpunt van die Geloftefeeskalender waarin op koördinerende wyse jaarliks geverifieërde Geloftefeeste en -dienste gelys word, die volgende vir jul aandag, asb.:

  • Kom ons bly deurentyd gefokus op herdenking en nakoming van die Gelofte. Laat dit nie iets wees wat ons teen die einde van die jaar afstof en dan daarna weer in die laai bêre nie. Kom ons doen dit biddend deur die jaar vir wat die Here van ons elkeen in hierdie verband verwag.
  • Probeer gerus feeskomitees en organiserende instansies so spoedig doenlik gekonstitueer en aan die gang kry vir Gelofteherdenking 2025.
  • Daar is onder die groot en verspreide SA diaspora in die buiteland talle Afrikaners/Boere van wie ons nie weet of hulle nog erg aan die Gelofte het nie. Hoewel aanvaar moet word dat daar diegene is wat ‘n nuwe rigting sonder die Gelofte ingeslaan het, is daar baie wat deur spesiale uitreik by die Gelofte  betrek kan word.

    Daarom hiermee die oproep: Aangesien almal van ons kinders, kleinkinders, familie, vriende of kennisse in die buiteland het, kom ons kontak hulle en vra of hulle in die lande waar hulle woonagtig is en nog nie op 16 Desember by ‘n Gelofteherdenking ingeskakel is nie, om so te doen of een nuut te reël. Dit kan klein begin, selfs by ‘n woning, of selfs as afstand en fisiese omstandighede ‘n probleem is, d.m.v. digitale kommunikasie geskied, bv. met Zoom, Teams, ens.
  • Waar herdenkings gereël word, by herhaling of nuut, kan die besonderhede in die volgende formaat voorsien word vir opname in die 2025 Geloftefeeskalender, asb.:
       * Bevestiging van die naam van die Geloftefees of –diens.
       * 
    Die plek of terrein waar die fees/diens gehou word.
       * Bevestiging van die dorp of stad waaronder die feesterrein val.
       * Die volgende basiese besonderhede: Presiese datum(s ) / Program met tye – maks 60 woorde / Naam van feesspreker / Naam van leraar wat Geloftediens lei.
       * Naam van kontakpersoon met selnommer en eposadres.
    Die besonderhede kan gestuur word aan: Johann Dannhauser, epos gelofte@ditsem.net, selnr. 082 773 2150.
  • Vir uitreik na bekendes in die buiteland, kan hierdie omsendskrywe per epos net so aangestuur word. Die skrywe word ook op die WhatsApp-groep vir die Geloftefees geplaas, vir aanstuur per WApp of Telegram.
  • Vir rekorddoeleindes hiermee die skakel na die 2024 Geloftefeeskalender met sy 223 lystings.
  • Daar word ook weer gewys op die webwerf vir die Geloftefeeskalender by www.geloftefeeskalender.co.za. Plaas gerus nuus van jul Gelofteherdenkings daar, verkieslik saam met kort videos van maks 2 min. Indien enige vrae hieroor, kontak Dr Adi Schlebusch by 064 548 3318.
  • As daar enige tekort of probleem is insake die inhoud van ‘n Geloftefees, -herdenking of -diens, word daarop gewys dat Boermedia is besig om ‘n elektroniese argief te ontwikkel met geskikte elektroniese materiaal in die vorm van videos, liedere met musiek en woorde, ens. Kontak in hierdie opsig vir Koot van der Ryst by gelofte@boermedia.co.za.

By voorbaat dankie vir die samewerking en ondersteuning in hierdie projek van kritieke volksbelang.

Geloftegroete

Johann Dannhauser
REDAKTEUR: DITSEMBLITS

082 773 2150

gelofte@ditsem.net | www.geloftefeeskalender.co.za

Oranje Eggo S39 • Orania

Share This