Gelofteherdenking 2024

by | Dec 5, 2024 | Nuus | 0 comments

AAN ALLE ORGANISEERDERS VAN GELOFTEFEESTE EN -DIENSTE

 

Goeiedag almal

Gelofteherdenking 2024

Dit is ‘n behoefte om u te bedank vir u uitstekende samewerking om vanjaar u Geloftefees of -diens so flink te organiseer het en die reëlings deur te gegee het vir opname in die Geloftefeeskalender. Soos gesê, is vanjaar in die Kalender, gerieflikheidshalwe weer by hierdie skakel, die rekordgetal van 223 Geloftefeeste en -dienste gelys.

Dit is voorwaar ‘n riem onder die hart dat daar so ‘n oplewing onder ons volk is wat betref die herdenking en nakoming van die Gelofte van Bloedrivier. Mag hierdie oplewing groei tot ‘n magtige volksontwaking.

 ‘n Ryklik-geseënde Gelofteherdenking vir u elkeen en mag ons die Gelofte van Bloedrivier elke dag uitleef. Ons glo dat wie hom- of haarself plaas onder beskerming van die God van Bloedrivier, sal die beskerming van die God van Bloedrivier ervaar.

Soli Deo Gloria.

 

Geloftegroete

 Johann Dannhauser
Redakteur: DitsemBlits

082 773 2150 / gelofte@ditsem.net

www.geloftefeeskalender.co.za

Oranje Eggo S39 • Orania

Share This