Geloftefees in die buiteland

by | Nov 8, 2024 | Nuus | 0 comments

Die viering van Geloftefees deur Afrikaners woonagtig in die buiteland in verskeie lande kring al wyer uit, soos blyk uit hierdie boodskap wat DitsemBlits as samesteller van die Geloftefeeskalender van Danie Uys in Melbourne ontvang het:

Ons nooi almal vriendelik uit om by ons aan te sluit vir Geloftefees 2024 in Melbourne, wat vanjaar op ‘n Maandag val. Omdat daar nie in Australië ‘n openbare vakansiedag op 16 Desember geld nie, herdenk ons Geloftedag op 15 Desember. Op laasgenoemde dag is die verwelkoming vanaf 14:00 by die terrein te Wonga Park Christian Reformed Church, Yarraweg 251, Wonga Park, VIC 3115. Om 15:00 het ons Verootmoedigingsdiens gelei deur ds Johan P du Preez van NHK woonagtig in Melbourne. Die Gelofteboodskap word gebring deur ds. Cassie Aucamp, voormalige raadsvoorsitter van die Voortrekkermonument. Daarna herbevestiging van Die Gelofte, sing van Die Stem en dan gesellige samesyn rondom boerewors, mieliepap en tamatiesmoor, slaaie en brood met konfyt. Ons nooi almal om saam te kuier tot donker. Navrae: Danie Uys +61 407 197393 of kontak@geloftedag.net of Grietjie Uys +61 414 062428. Ons sal waardeer indien belangstellendes via webadres www.geloftedag.net bywoning kan bevestig sodat ons genoeg van alle eetgoed kan verseker.

Share This