Geloftedag 2024

by | Dec 13, 2024 | Nuus | 0 comments

In Desember 1994 berig Beeld oor die “laaste Geloftedag.” Geloftedag sou volgens hulle in 1995 nie meer bestaan nie aangesien dit vervang word met Versoeningsdag. En hul profesie het amper waar geword. Minder en minder mense het Geloftefeeste bygewoon. 

Ek onthou as kind was ons maar net ‘n handjievol mense in Bloemfontein wat die Gelofte nog herdenk het. Mense het na ons gekyk en spottenderwys gevra:  “Is hierdie nou ‘n volk?” En as jong seun het my moed maar dikwels gesak. In 2012 was daar net 80 Geloftefeeste oor. Maar iets het gebeur … iets het verander … 10 jaar later, in 2022, word ‘n totaal van 203 feeste op die Geloftefeeskalender gelys. In 2023 209 feeste en 32 000 mense woon Geloftedagvieringe by die Voortrekkermonument by—die derde meeste ooit (naas die inwyding en die 150-jarige herdenking van die Groot Trek). 

Hierdie jaar lys die Geloftefeeskalender 223 feeste. Die meeste ooit. Hoor jy ook die magtige dreuning? Dis nog nie eers die naweek voor Geloftedag nie, maar by my is hy reeds oorverdowend.

– Dr Adi Schlebusch

Share This