AAN: ALLE ORGANISEERDERS VAN GELOFTEFEESTE EN -DIENSTE
Terwyl besef word dat dit vir organiseerders van Geloftefeeste en -dienste vanweë verskeie redes soms moeilik is om hul reëlings agtermekaar te kry, word tog gevra vir begrip van die waarde van ‘n Geloftefeeskalender wat vir die jaar in goeie tyd gepubliseer word. Die Kalender is immers ‘n gesamentlike poging van alle Geloftefeeste en -dienste om ter wille van maksimale bevordering van die Gelofte van Bloedrivier onder ons volk, die inligting van almal, sover dit bekend is, in een dokument beskikbaar te stel. Indien die Geloftekalender in goeie tyd beskikbaar gestel word, bied dit aan volksgenote genoeg tyd om hul bywoning te reël en ook om self die inligting verder te versprei aan moontlike belangstellende familie, vriende en kennisse.
Diegene wat nog nie die inligting van hul Geloftefeeste en –dienste nog nie aan ons verskaf het, kan ons dit so spoedig doenlik kry per epos of WApp by die kontakbesonderhede hieronder, volgens die volgende basiese formaat, nie later nie as Donderdag, 14 November, asb.:
-
Naam van die Geloftefees of -diens.
-
Plek of terrein waar die fees/diens gehou word.
-
Dorp of stad waaronder die Geloftefeesterrein val.
-
Volgende basiese besonderhede: Presiese datum(s ) / Programdetail met tye – maks 60 woorde / Naam van feesspreker / Naam van leraar wat Geloftediens lei
-
Naam van kontakpersoon met selnommer en eposadres
Indien jy nie meer die organiseerder is nie, of nie in die organiserende komitee dien nie, stuur hierdie brief aan die korrekte organiseerder en laat ons terselfdertyd weet, asb.
Dan, soos almal weet, het ons nie met die Gelofte van Bloedrivier en ons volk te doen met ‘n bloot menslike aspek nie, maar gaan dit oor die Here en ons volk. Daarom hiermee ‘n beroep dat ons voortdurend bid oor hierdie saak.
Laastens, in ons kontak met organiseerders kry ons idee van die uitdagings waarmee sommige te kampe het. So bv. praat ons met een organiseerder, wat moeilik gepraat kry en dit blyk toe hy het keelkanker, maar hy is besig om sy Geloftefees te reël. Kom ons bid ook vir mekaar.
Johann Dannhauser
Redakteur: DitsemBlits
082 773 2150 / gelofte@ditsem.net
